
Wat ons doen
Dinamika dra sy kliënte se gemoedsrus op die hart!
Ons lewe tans in die mees onsekere finansiële tyd sedert die dertigerjare van die vorige eeu. Ons besef dat ons kliënte baie bekommerd kan wees oor hul finansiële posisie, veral dié persone wat afgetree is, óf baie na aan aftrede is. Dinamika poog dus om sy kliënte in staat te stel om met gemoedsrus die onsekere finansiële toekoms binne te gaan. Daarom verskaf ons ‘n totale pakket aan ons kliënte wat sal verseker dat die negatiewe wêreldekonomie so min as moontlik impak op u finansiële status sal hê, vir versekerde gemoedsrus gedurende die goue jare na aftrede.
Behalwe beleggings verskaf ons ook ‘n eenstopdiens om te verseker dat u naasbestaandes nie onnodige bekommernisse by u afsterwe sou hê nie.
Ons belofte
Nuusflits




KONTAK ONS OP: 0861 V.I.N.N.I.G (846644) OF 011 749 7300
Ons is hier om te help. Kontak ons telefonies, epos of via ons sosiale media kanale.
** Ons vra om verskoning vir sekere velde wat in Engels is op die Afrikaanse blad, dit is a.g.v omstandighede buite ons beheer
Dinamika Finansiële Dienste (Edms) Bpk is 'n gemagtigde finansiële dienste verskaffer - FSP lis. nr. 46494