Tien redes vir jou

Tien redes

Tien sleutelredes vir kliënte om Dinamika BCI bestuurde fondse te oorweeg

 

Bestuurde beleggingsopsies

Dinamika se fondse word aktief bestuur en posisies word deurlopend aangepas om beleggingsgeleenthede te benut sowel as om risiko te verminder.

Beskerming teen die meeste gebeurlikhede

Dinamika volg ‘n bo-na-onder beleggingsfilosofie om die risiko vir die kliënt te minimaliseer.

Fondsinligting

Voortdurend aangepaste inligting rondom die strategiese- en taktiese bate-allokasie en onderliggende fondsbestuurders word aan deelnemende finansiële adviseurs verskaf en bespreek vir verspreiding aan hulle kliënte.

Ondersteuningsdienste aan deelnemende finansiële adviseurs

Dinamika voorsien die finansiële adviseur en kliënt met marknavorsing oor die Dinamika bestuurde fondse.

Gereguleerde produkte

Dinamika sal slegs  beleggingsprodukte wat deur die Finansiële Dienste Raad (FDR) gereguleer word, bestuur en aanbeveel.

Kontak met Dinamika Fondsbestuurders

Deelnemende finansiële adviseurs kan Dinamika Fondsbestuur se portefeuljebestuurders kontak. Die Dinamika Fondsbestuurspan se prioriteit is om die deelnemende adviseur te ondersteun en by te staan om ‘n oplossing vir sy kliënt te vind.

Kostes

Inskakeling deur die deelnemende finansiële adviseur by die Dinamika netwerk skep geen addisionele kostes vir die adviseur nie. Dinamika se inkomste is onderhewig aan die bates in die Dinamika fondse.

Kliënte se risikoprofiel

Fondskeuses moet volgens die FDR deurgaans in lyn wees met die voornemende belegger se risikoprofiel en beleggingsdoelwitte. Die Dinamika BCI bestuurde fondse bied tans beleggingsopsies vir kliënte met ‘n konserwatiewe sowel as diegene met ‘n aggressiewe risikoprofiel. ‘n Gebalanseerde fonds sal mettertyd ook beskikbaar wees.

Finansiële adviseur is beter ingelig

Dinamika Fondsbestuurders, FB-navorsing en inligtingverspreiding stel deelnemende finansiële adviseurs in staat om weer ingeligte aanbevelings te maak aan kliënte en om beleggingsprestasie deurlopend te monitor.

Eenvoudige beleggingsproses

Eenvoudige beleggingsproses (vervolg)

6 Maklike Stappe om te belê:

  1. Oorsprong van fondse
    FICA- + FAIS- nakomingdokumentasie
    Risikoprofiel
  2. Beleggingsplatform opsies
    Investec
    Glacier van Sanlam
    ABSA Investment Management Services (AIMS)
    Momentum
  3. Beleggings-opsies + Fondse
    Konserwatief: Dinamika BCI Konserwatiewe Fonds Van Fondse (Min. enkelbedrag: R10 000 of Maandeliks: R500).
    Aggressief: Dinamika BCI Wêreldwye Buigbare Fonds (Min Lompsom: R10 000 of Maandeliks: R500).
    Ander fondse waarop Dinamika ‘n omsigtigheidsondersoek gedoen het.
  4. Oorplasing van Fonds
    Direkte oorplasing na beleggingsplatform.
    Geen fondse word direk na Dinamika of die finansiële adviseur oorgeplaas nie.
  5. Uitreiking van beleggingskontrakte
    Finansiële Adviseur ontvang beleggingskontrakte:
    – Bevestig as korrek.
    – Oorhandig aan kliënt.
  6. Deurlopende Interaksie
    Finansiële Adviseur ontvang gereëlde Dinamika-verslae oor die fondsprestasie vir verspreiding aan kliënte.
    Finansiële Adviseur en sy/haar kliënte kan Dinamika-aanbiedings bywoon.

Nuusflits

 

24 hours ago

Dinamika Finansiële Dienste
BeleggingsAangesien ons finansieel konserwatief is, en nie fondse by onsself belê nie, het ons kontrakte by goedgekeurde maatskappye om hulle produkte af te lewer.Ons weet hoe om uittredingsannuïteite te verander sodat u by die uitkeerdatum, soos in die kontrak genoem, meer kapitaal as die normale een derde onder u beheer het (mits u ouer as 55 jaar is).- Waarborgplanne- Inkomstefondse- Geldmarkfondse- Rentedraende buitelandse beleggings- Buitelandse Beleggings- Alle lyfrentes en jaargelde- Effektetrusts- Kollektiewe beleggingsBesoek ons webtuiste vir meer inligting en kontak ons gerus -dinamika.co.za/af/produkte/ ... See MoreSee Less
View on Facebook
Hannes Noëth op Pretoria FM ... See MoreSee Less
View on Facebook

2 days ago

Dinamika Finansiële Dienste
Stel u belang om ‘n Finansiële Adviseur te word?By Dinamika Finansiële Dienste het ons poste beskikbaar!Vereistes: -RE5 Sertifikaat en ten minste 120 krediete (nie verpligtend, kan indiens verkry word)-Afrikaans eerste taal-Verkieslik tussen die ouderdomme van 30 en 55 jaar-Kommissie gebaseerd, geen basies-Eie Vervoer, selfoon en rekenaar-Woonagtig in Pretoria of aan die Oos-Rand omgewing sal in u guns telSluit aan by ‘n span wat kliëntediens en langtermyn verhoudings met ons kliente hoog op prys stel. Besoek gerus ons webwerf by www.dinamika.co.zaIndien u voldoen aan die bogenoemde vereistes, stuur asb u CV na - - - - adriaan@dinamika.co.za - - - - NBIndien u nie van ons hoor binne 30 dae nie, beskou asb u aansoek as onsuksesvol ... See MoreSee Less
View on Facebook
#Hoopfiks...want Ek was honger, en julle het My iets gegee om te eet; Ek was dors, en julle het My iets gegee om te drink; Ek was 'n vreemdeling, en julle het My gehuisves; Ek was sonder klere, en julle het vir My klere gegee; siek, en julle het My verpleeg; in die tronk, en julle het My besoek.’ Dan sal dié wat die wil van God gedoen het, Hom vra: ‘Here, wanneer het ons U honger gesien en U gevoed, of dors en U iets gegee om te drink? En wanneer het ons U 'n vreemdeling gesien en U gehuisves, of sonder klere, en vir U klere gegee? Wanneer het ons U siek gesien of in die tronk en U besoek?’ En die Koning sal hulle antwoord: ‘Dit verseker Ek julle: Vir sover julle dit aan een van die geringste van hierdie broers van My gedoen het, het julle dit aan My gedoen.’Matteus 25:35-40 Elkeen van ons lewe in vier verhoudings: met God, met die omgewing, met jouself en met ander. Alles wat op een terrein van jou lewe gebeur, het ‘n invloed op die ander. Onvoorwaardelike diens aan ander is diens aan God.Gebed: Here, maak my diensbaar vir my medemens. AmenHoe dien jy ander mense? Stuur jou #Hoopfiks antwoord hier: bit.ly/4ibAumY#Welstand #Hoopfiks #HelpendeHand ... See MoreSee Less
View on Facebook

3 days ago

Dinamika Finansiële Dienste
Huis toe program op PretoriaFM vir Huistoe Herhaal vraag, jy kan R 10 000 wen 😉😉🤩Luister elke weeksdag vanaf 17:50 om in te skryf in vir die R10 000 prys aan die einde van die jaar😁🤩🤩🎉Jy kan so veel as moontlik deel neem 😉Waarvoor wag jy? 😁 What's app jou antwoord na - 064 508 5882 ... See MoreSee Less
View on Facebook

4 days ago

Dinamika Finansiële Dienste
Ons lewe tans in die mees onsekere finansiële tyd sedert die dertigerjare van die vorige eeu. Ons besef dat ons kliënte baie bekommerd kan wees oor hul finansiële posisie, veral dié persone wat afgetree is, óf baie na aan aftrede is. Dinamika poog dus om sy kliënte in staat te stel om met gemoedsrus die onsekere finansiële toekoms binne te gaan. Dinamika verskaf ‘n ovattende diens aan kliënte en wil verseker dat die negatiewe wêreld ekonomie so min as moontlik impak op kliënte se finansiële status sal hê.Dinamika verskaf ‘n eenstopdiens sodat dat kliënte se naasbestaandes nie onnodige bekommernisse by afsterwe sou hê nie.Vir meer inligting besoek ons webtuiste :www.dinamika.co.za ... See MoreSee Less
View on Facebook

KONTAK ONS OP: 0861 V.I.N.N.I.G (846644) OF 011 749 7300

Ons is hier om te help. Kontak ons telefonies, epos of via ons sosiale media kanale.

** Ons vra om verskoning vir sekere velde wat in Engels is op die Afrikaanse blad, dit is a.g.v omstandighede buite ons beheer

Dinamika Finansiële Dienste (Edms) Bpk is 'n gemagtigde finansiële dienste verskaffer - FSP lis. nr. 46494