Tien redes vir jou

Tien redes

Tien sleutelredes vir kliënte om Dinamika BCI bestuurde fondse te oorweeg

 

Bestuurde beleggingsopsies

Dinamika se fondse word aktief bestuur en posisies word deurlopend aangepas om beleggingsgeleenthede te benut sowel as om risiko te verminder.

Beskerming teen die meeste gebeurlikhede

Dinamika volg ‘n bo-na-onder beleggingsfilosofie om die risiko vir die kliënt te minimaliseer.

Fondsinligting

Voortdurend aangepaste inligting rondom die strategiese- en taktiese bate-allokasie en onderliggende fondsbestuurders word aan deelnemende finansiële adviseurs verskaf en bespreek vir verspreiding aan hulle kliënte.

Ondersteuningsdienste aan deelnemende finansiële adviseurs

Dinamika voorsien die finansiële adviseur en kliënt met marknavorsing oor die Dinamika bestuurde fondse.

Gereguleerde produkte

Dinamika sal slegs  beleggingsprodukte wat deur die Finansiële Dienste Raad (FDR) gereguleer word, bestuur en aanbeveel.

Kontak met Dinamika Fondsbestuurders

Deelnemende finansiële adviseurs kan Dinamika Fondsbestuur se portefeuljebestuurders kontak. Die Dinamika Fondsbestuurspan se prioriteit is om die deelnemende adviseur te ondersteun en by te staan om ‘n oplossing vir sy kliënt te vind.

Kostes

Inskakeling deur die deelnemende finansiële adviseur by die Dinamika netwerk skep geen addisionele kostes vir die adviseur nie. Dinamika se inkomste is onderhewig aan die bates in die Dinamika fondse.

Kliënte se risikoprofiel

Fondskeuses moet volgens die FDR deurgaans in lyn wees met die voornemende belegger se risikoprofiel en beleggingsdoelwitte. Die Dinamika BCI bestuurde fondse bied tans beleggingsopsies vir kliënte met ‘n konserwatiewe sowel as diegene met ‘n aggressiewe risikoprofiel. ‘n Gebalanseerde fonds sal mettertyd ook beskikbaar wees.

Finansiële adviseur is beter ingelig

Dinamika Fondsbestuurders, FB-navorsing en inligtingverspreiding stel deelnemende finansiële adviseurs in staat om weer ingeligte aanbevelings te maak aan kliënte en om beleggingsprestasie deurlopend te monitor.

Eenvoudige beleggingsproses

Eenvoudige beleggingsproses (vervolg)

6 Maklike Stappe om te belê:

  1. Oorsprong van fondse
    FICA- + FAIS- nakomingdokumentasie
    Risikoprofiel
  2. Beleggingsplatform opsies
    Investec
    Glacier van Sanlam
    ABSA Investment Management Services (AIMS)
    Momentum
  3. Beleggings-opsies + Fondse
    Konserwatief: Dinamika BCI Konserwatiewe Fonds Van Fondse (Min. enkelbedrag: R10 000 of Maandeliks: R500).
    Aggressief: Dinamika BCI Wêreldwye Buigbare Fonds (Min Lompsom: R10 000 of Maandeliks: R500).
    Ander fondse waarop Dinamika ‘n omsigtigheidsondersoek gedoen het.
  4. Oorplasing van Fonds
    Direkte oorplasing na beleggingsplatform.
    Geen fondse word direk na Dinamika of die finansiële adviseur oorgeplaas nie.
  5. Uitreiking van beleggingskontrakte
    Finansiële Adviseur ontvang beleggingskontrakte:
    – Bevestig as korrek.
    – Oorhandig aan kliënt.
  6. Deurlopende Interaksie
    Finansiële Adviseur ontvang gereëlde Dinamika-verslae oor die fondsprestasie vir verspreiding aan kliënte.
    Finansiële Adviseur en sy/haar kliënte kan Dinamika-aanbiedings bywoon.

Nuusflits

 

📻✨ Skakel in saam met Dinamika! ✨📻😃 Dinamika is elke dag op Pretoria FM:🕡 06:35 in die oggend🕔 17:50 in die middagLuister gerus vir waardevolle insigte oor beleggings, boedelbeplanning, versekering en finansiële gemoedsrus. 💼📊🔗 Besoek ons webtuiste vir meer inligting:www.dinamika.co.za#dinamika #PretoriaFm #radio #luistersaam #FinansiëleAdvies #Beleggings #Boedelbeplanning ...
View on Facebook (opens in a new tab)
📻🌅 Skakel vroegoggend in saam met Armand! 🌅📻Armand van Dinamika is vroegoggende om 06:35 op Kragbron FM.Begin jou dag met waardevolle finansiële insigte oor beleggings, boedelbeplanning en versekering — praktiese raad wat saak maak. 💼📊Moenie dit misloop nie!#dinamika #kragbronfm #radio #FinansiëleAdvies #Beleggings #Boedelbeplanning #VersekerJouToekoms ...
View on Facebook (opens in a new tab)
🎶✨ AFRI-DUETFEES 2026 ✨🎶Maak gereed vir ’n onvergeetlike middag vol musiek, talent en pragtige Afrikaanse duette! 🇿🇦🎤📅 Saterdag 17 Oktober 2026⏰ 14:00📍 Staatstheater (Opera)🌟 Met:Jannie Moolman & Loriska SchmidtHendri Myburgh & Nadia BeukesLouis Loock & Amira WillighagenDouwe Bijkersma & Lanie Coetzer🎟️ Kaartjies is beskikbaar!Besprekings kan gedoen word by:www.webtickets.co.za/v2/event.aspx?itemid=1597936243📧 riekiep3@gmail.com📱 WhatsApp: 082 586 9167⚠️ Bespreek NOU! Daar is nog net ’n paar kaartjies oor – moenie hierdie spesiale geleentheid misloop nie!🎶 Bring jou geliefdes en kom geniet ’n middag van uitsonderlike Afrikaanse musiek!@die.fak Maroela Media @maroela_media Pretoria FM @pretoria_fm #AfriDuetfees2026 #AfrikaanseMusiek #Staatstheater #Musiek #Pretoria #BespreekNou ...
View on Facebook (opens in a new tab)
Frank Rautenbach en Adriaan Smit van Dinamika Finansiële Dienste gesels oor mense wat hulle eie besigheid wil begin en wat die finansiële implikasies is. 📺Vir nog geldraad, kyk elke Saterdag om 17:00 na #HierSitDieManne op VIA (DStv-kanaal 147).Heruitsendings: Dinsdae om 22:00 | Woensdae om 20:00. ...
View on Facebook (opens in a new tab)
Dinamika staan bekend vir ons sukses in beleggings en die proses wat gevolg word in algemene praktyk.Hier volg die 6 belangrikste stappe.Besoek ons webblad of kontak ons vir meer inligting. ...
View on Facebook (opens in a new tab)
MONDAY MOTIVATION 🎯Your focus determines your DIRECTION. Keep your eyes on the goal, stay committed, and watch how your efforts change your outcome."Where your focus goes, your energy flows."#MondayMotivation #StayFocused #GoalGetter #MindsetMatters #SuccessMindset ...
View on Facebook (opens in a new tab)

KONTAK ONS OP: 0861 V.I.N.N.I.G (846644) OF 011 749 7300

Ons is hier om te help. Kontak ons telefonies, epos of via ons sosiale media kanale.

** Ons vra om verskoning vir sekere velde wat in Engels is op die Afrikaanse blad, dit is a.g.v omstandighede buite ons beheer

Dinamika Finansiële Dienste (Edms) Bpk is 'n gemagtigde finansiële dienste verskaffer - FSP lis. nr. 46494